Derwisj (van Persies: درویش, Darvīsh)[1] in Islam kan breedweg verwys na 'n lid van 'n Soefi-broederskap (tariqah),[2] of dit kan dui op 'n bedelmonnik, wat materiële armoede kies.[3][4] Laasgenoemde betekenis word veral aangetref in Persies en Turkies (derviş) sowel as in Amazigh (Aderwish), wat ooreenstem met die Arabiese term faqīr.[3] Hulle fokus op die universele waardes van liefde en diens, en laat vaar enige illusie van ego (nafs) om God te bereik.
In die meeste Soefi-ordes beoefen 'n derwisj dhikr deur fisieke inspanning of godsdienstige praktyke om in 'n ekstatiese beswyming te gaan om God te bereik.[2] Hulle gewildste pratyk is Sema, wat met die 13de-eeuse mistikus Rumi verbind word. In folklore en onder aanhangers van Soefisme word derwisje dikwels verbind met die vermoë om wonderwerke te verrig en met bonatuurlike magte.[5]